072 270 3461   info@rchiledefrance.co.za  
A model sheep enterprise on a modest farm

'n Skaapras wat die somme laat klop

 

Die Harmse-gesin bedryf ’n saai-, vleisbees-en skaapboerdery op Uitgezocht. "Ons plant mielies en soja, asook voersorghum, om die natuurlike weiding op die plaas aan te vul," verduidelik Wilco.

Aangesien daar beperkte natuurlike weiding op die plaas is, word 40ha voersorghum vir die diere geplant en grond vir weiding vir die beeste bygehuur. "Ons benut ook in die winter ’n buurman se lande, waar sy beeste reeds gewei het, vir die skape."

Volgens Wilco word al die mielies wat op Uitgezocht geplant word vir die afronding van skape vir slag gebruik. "Dit is een van die aspekte wat dit vir ons moontlik maak om winsgewend met die skape te boer. Die feit dat ons nie mielies hoef te koop nie, laat die som klop, aangesien ek dit produseer vir aansienlik minder as waarvoor ons dit kan koop."

Skaapvertakking

Die skaapvertakking het vlamgevat toe Regina in 1996, met die geboorte van haar seun, besluit het dat sy nie wil teruggaan werk toe nie en iets anders gaan aanpak sodat sy by haar kinders kan wees.

"Ek vat toe my pensioen en koop ’n klomp skape. Ek was eers net met kommersiële kruisteling besig. Toe ’n destydse Ile de France-teler, Flip Snyman, sy ramme vir my vir ’n kruisteling-eksperiment leen, het ek die werklike potensiaal van die Ile de France raakgesien. Ek glo steeds dat daar nie ’n beter vleisskaapras is nie."

Regina het ál meer van Ile de France-genetika gebruik gemaak en in 2006 haar eerste suiwer Ile de France-ooie gekoop, asook die RCH Ile de France-stoet geregistreer.

Uitstaande diere

"Ons fokus daarop om meerderwaardige diere vir eie gebruik te teel, asook vir die beskikbaarstelling van genetiese mate-riaal aan mede-stoettelers en kommer-siële boere," sê Regina.

Met die geregistreerde stoetdiere én die kommersiële diere word gepoog om diere te teel wat aan die hoogste rasstandaarde voldoen. Daarom is die keuringsproses ’n belangrike komponent van die seleksieproses. "Ons fokus dan ook spesifiek op manlike diere met uitstaande bespiering en vroulike diere met goeie moedereienskappe en melkproduksie."

’n Baie belangrike maatstaf is dat ooie meerlinge gee. "As ’n ooi in een lamseisoen 80kg of selfs 120kg vleis, met ander woorde twee of drie lammers, in plaas van 40kg of een lam kan gee, maak dit ’n baie groot verskil aan die uiteindelike winsgrens. Top vrugbaarheid is dus vir ons ’n noodsaaklike eienskap.

"As streng vir hierdie eienskappe geselekteer word, verseker word dat ooie die hele jaar goeie kondisie hou en deurentyd goeie voedingsbestuur toegepas word, behaal ons baie goeie resultate met die Ile de France. Dit sluit ’n hoë persentasie meerlinge en lammers in wat op vier maande tussen 20 en 25kg uitslag. In gevalle waar ons baie kos beskikbaar gehad het, het ons selfs al vroeër geslag," sê Regina.

Om werklik te verseker dat vir die regte eienskappe geselekteer word, word die nodige indekse in ag geneem en swak diere uitgeskot. "Ons weeg alle stoetlammers by geboorte. Geboortegewig gaan meestal gepaard met voeding, en deur te weeg kan probleme geïdentifiseer word. Dan weeg ons ook op 42 dae om die ooie se melk te meet en ooie met swak melkproduksie te identifiseer, asook op 100 dae om die lammers se groei te meet en sodoende swak groeiers en uitstaande diere te identifiseer."

Die voordeel van lamhokke

Die skaapboerdery op Uitgezocht is semi-intensief met lamhokke wat vir twee weke in lamtyd gebruik word. "Vir al die stoetooie en kommersiële eerstelam-, jaaroudooie word sinkronisasie en kunsmatige inseminasie (KI) gebruik, en hulle lam in die lamhokke. Die ouer kommersiële ooie word natuurlik gedek en lam in die veld," verduidelik Regina.

Die voordeel van die lamhokke vir die beheer van lamvrektes, asook bestuursgemak en suksesvolle seleksie, is onbetwisbaar. "Veral as daar baie meerlinge is, is die lammers erg blootgestel aan jakkalse en ander roofdiere as die ooie in die veld lam. Ons kraal glad nie die diere nie, dus is die gebruik van lamhokke in lamtyd baie belangrik."

Wilco en Regina is dit eens dat die belegging om lamhokke op te rig die moeite werd is, aangesien die speenpersentasie sedert hulle begin het om lamhokke te gebruik merkbaar gestyg het.

Gebruik van kruipvoeding

Regina sê nog ’n belangrike bestuurs-maatreël vir beter resultate is die gebruik van kruipvoeding. "Die lammers kry van kleins af kruipmeel. Dit is volgens my die goedkoopste manier om lammers tot by slaggrootte te bring. ’n Jong lam kan in sy optimale groeistadium 1kg vreet om 1kg vleis aan te sit. Hoe ouer hy word, hoe meer moet hy vreet om 1kg vleis aan te sit."

Verder is die kruiprantsoen ook dieselfde as wat die lammers ná speen in die voerkraal sal ontvang. Dus is daar geen aanvanklike gewigsverlies as gevolg van aanpassing nie. "Ons speen die lammers op drie tot drie en ’n half maande. Daar was al gevalle waar ons die tweede dag ná speen begin slag het, waar die lammers reeds 45 tot 48kg geweeg het. Elke dag wat jy minder hoef te voer, is geld in jou sak. Omdat die lammers op so ’n vroeë ouderdom geslag kan word, gradeer hulle oor die algemeen as A2- karkasse, wat ideaal is."

Volgens Regina soek die mark ’n A2-karkas van 20 tot 22kg, wat met kruipvoeding en die Ile de France-ras maklik binne vier maande behaal kan word.

Voeding moet by die ooie baie versigtig bestuur word. "Die korrekte voeding van meerlingooie is van die uiterste belang. Aangesien ooie vir dragtigheid en meerlinge gesonar word, kan meerlinge eenkant kom om addisionele voeding te kry."

Wilco sê die belangrikste is om altyd ’n oog op sake te hou. "Dit is van onskatbare waarde dat jy elke dag by die skape is. Ooie moet deurentyd in goeie kondisie gehou word, en jy moet dus dadelik kan agterkom as daar ’n probleem is wat die teendeel veroorsaak sodat jy die nodige aanpassings kan maak."

Wees betrokke

Afgesien daarvan om te verseker dat topdiere geteel word, sê Regina, is bemarking en die handhawing van ’n goeie reputasie vir stoettelers noodsaaklik. "Die beste raad wat ek aan ander stoettelers oor bemarking kan gee, is om altyd betrokke te wees. Gaan na skoue en boeredae toe, wees deel van ’n klub, neem deel aan karkaskompetisies en skoue."

Sy sê karkaskompetisies verskaf onskatbare bemarkingswaarde, aangesien dit is waaroor ’n vleisras gaan – om vleis van hoë gehalte vir die verbruiker te produseer. Uitgezocht skryf gereeld Ile de France-diere vir karkaskompetisies in en verskeie topprestasies is al behaal. Een van die hoogtepunte was toe RCH aangewys is as die wenner van die afdeling vir Europese genetika en algehele wenner by die Royal Skou-karkaskompetisie in 2015.

 

Laai die artikel in PDF formaat af.



ARTICLE INDEX  BACK TO TOP

© RCH Ile de France. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of RCH Ile de France.
The previous generation Rolex Submariner still used aluminum bezel inserts, and rolex replica in comparison to the more modern ceramic ones, they are almost barbaric. Flat and easy to rolex replica sale scratch aluminum bezel inserts should not be found in anything but inexpensive watches these days. Some people, of course, omega replica sale have a fondness for the older aluminum-style bezel (or even some of the plastic ones, from a really long time ago). Those people are clearly rolex replica sale turning a blind eye to the impressive design, precision cut markers, and scratch resistance properties of a ceramic bezel. Also, sorry folks, in 30 years the Cerachrom bezel isn't going to "patina." It will stay the same glossy rolex replica uk black color it is when you buy it. Inside the Rolex Submariner 114060 is the totally in-house made caliber 3130 hublot replica uk automatic. It is an utterly well-made, no nonsense workhorse of the highest caliber (no pun rolex replica sale intended) that just tells the time.