‘n Muggie-oorgedraagde siekte van die laatsomer en herfs waarvan die risiko deur inenting voorkom kan word.
Die virus oorwinter in beeste, wat simptoomlose draers is. Daar is 24 stamme van die virus in SA – vandaar dat die lewende entstof in 3 fraksies verdeel nl. A, B en C, wat elk met ‘n 3 weke tussenpose gespuit word. Inenting behoort in die vroeë lente gedoen te word. Ramme en ooie moet nie korter as 8 weke (laaste fraksie – C) voor die teelseiesoen ingeënt word nie, en ooie NIE as hulle dragtig is nie. Indien daar ‘n noodtoestand is kan hulle die laaste helfte van dragtigheid (met risiko) geënt word. Lammers jonger as 5 maande behoort nie geënt te word nie.
Al die bogenoemde reëls is maklik om na te kom indien entstof beskikbaar is, soos ons weet is dit die laaste tyd nogal ‘n groot probleem
Behandel bloutong so:
Tydens ‘n uitbraak moet diere na hoër liggende dele van die plaas verskuif word weg van staande water waar insekte volop is.
Diere wat Bloutong het, het seer spiere, is liggevoelig, koorsig en ontwater. Bloutong stem baie ooreen met griep in mense. ‘n Koorsreaksie veroorsaak aborsies en ‘n breek in die wol.
Die skaap se bek en tong is gewoonlik te seer om te vreet en sy pote te seer om te loop, maar sere in die mond en ‘n “blou” tong is nie altyd teenwoordig nie. Siek diere kry dikwels sekondêre longontsteking wat dan die oorsaak van dood is. Goedversorgde bloutonggevalle oorleef gewoonlik.
Die behandeling van Bloutonginfeksie is soos volg (in volgorde van belangrikheid):
Die inligting wat hier vervat is, word slegs bedoel as algemene riglyne en u moet altyd u veearts raadpleeg vir advies.
Bloednier is een van die belangrike siektes waarvan die boer kennis moet dra.’n Bloednierskaap toon gewoonlik nie opvallende simptome nie. Skape vrek meestal akuut as gevolg van toksiene wat vrygestel word deur die oorgroei van Clostridium perfringens tipe D bakterieë wat normaal in die dermkanaal van skape voorkom. Sulke oorgroei vind plaas wanneer skielike veranderinge in die dieet van die dier plaasvind en veral as die deurvloei van intenstinale inhoud versnel (verskuiwing na meer/goeie kos). Een van die Engelse name vir bloednier is “overeating disease”
Dit kan ook gebeur as diere met ‘n swaar intestinale parasietlading ontwurm word. Die beste voorkoming is inenting. Ent diere TEN MINSTE 2 maal per jaar.
Die inligting wat hier vervat is, word slegs bedoel as algemene riglyne en u moet altyd u veearts raadpleeg vir advies.
Haarwurm is ‘n rondewurm wat in die melkpens van die dier aangetref word. Hier voed die volwasse wurm en veroorsaak bloedarmoede in die skaap. ‘n Skaap met ‘n swaar haarwurm besmetting se slymvliesse is bleek (trek die ooglid oop, as bleek haarwurm) en kan ook ‘n kwakkeel hê. So ‘n skaap sal ook in swak kondisie wees en sal onderpresteer.
Die FAMACHA© metode van selektiewe behandeling is ontwikkel deur drie Suid-Afrikaanse navorsers (Drs Francois Malan, Gareth Bath en Jan van Wyk) as moontlike oplossing vir die groot wurmmiddelweerstand probleem in Suid-Afrika. Sedertdien is die metode al wêreldwyd suksesvol geïmplementeer.
Die hoofdoel van die metode is om ‘n voldoende vatbare haarwurm bevolking (‘refugia’) op die weiding te handhaaf. Deur net daardie skape te doseer wat dit werklik nodig het, word seleksie vir weerstand teen wurmmiddels vertraag. Terselfdertyd kan die boer die diere monitor en prul wat ‘n swak natuurlike weerstand teen hierdie wurms het.
Bloedarmoede (soos waargeneem in die slymvlies van die oog) word met behulp van ‘n kleur begeleide kaart beoordeel: ‘n skaap met ‘n telling van 1 het ‘n pienk-rooi slymvlies kleur en het nie behandeling vir haarwurm nodig nie, terwyl ‘n skaap met ‘n telling van 5 wit slymvliese toon en onmiddellike dosering teen haarwurm en waarskynlik ook intensiewe mediese behandeling benodig.
Die inligting wat hier vervat is, word slegs bedoel as algemene riglyne en u moet altyd u veearts raadpleeg vir advies.
Die FAMACHA- kaart is verkrygbaar van u plaaslike veearts wat dit by me. Lana Botha by die Fakulteit Veeartsenykunde by die Universiteit van Pretoria kan bestel. (lana.botha@up.ac.za)