072 270 3461   info@rchiledefrance.co.za  
RCH Ile de France Lamhokke

RCH Ile de France Lamhokke


Lamhokke word al vir baie jare gebruik, maar meer in noodgevalle, vir die beskerming van diere teen uiterste weerstoestande soos koue en sneeu. Baie boere het altyd onderdak ‘n paar hokkies vir sulke gevalle.

Weens verskeie probleme in Suid-Afrika soos diefstal en roofdiere, word daar nou groot druk op die finansiële lewensvatbaarheid van veeboerdery geplaas en maak boere planne om elke lam wat gebore word te speen.

 -
 -
 -
 -

Die meeste lamvrektes vind plaas gedurende die eerste drie dae na geboorte, aangesien die lam maklike prooi vir roofdiere is asook verskeie ander redes.

Onbeperkte suip gedurende die eerste dag na geboorte, veral die eerste ses uur, is van kritieke belang vir die lam om sy ma te leer ken.  Lammers wat verhinder is om die eerste ses uur na geboorte te suip, was nie in staat om hulle moeders 24 uur na geboorte uit te ken nie omdat die bindingsproses nog nie plaasgevind het nie (Goursaud & Nowak, 1999) met gevolglike hoë lamvrektes.  Indien die lam nie binne die eerste drie uur na geboorte suip nie, neem sy speensoekaktiwiteit af asook die ooi se belangstelling in die lam (Cottle, 1987 & Holst, 1997).

Ile de France is bekend vir sy meerlinge en daarom vereis dit spesiale toesig en bestuur.  Meerlinglammers speel ‘n uiters belangrike rol in die winsgewendheid van skaapboerdery omdat hulle die reproduksietempo van die ooikudde verhoog.

 -
 -
 -
 -

Dit is belangrik om te besef dat lamhokke nie ‘n kitsoplossing vir meer lammers is, of om slegte moeders te reabiliteer nie, maar dis slegs ‘n hulpmiddel tydens lamtyd. Probleme weens wanbestuur word ook nie opgelos met lamhokke nie.  Die belangrikste rede hoekom ooie lammers weggooi, is omdat hulle nie genoeg biesmelk met geboorte van die lam het nie, weens ‘n tekort aan deurvloeiproteïen. As jy vir jou ooie sorg, sal hulle vir die lammers sorg…geen skaapras is bestand teen wanbestuur nie

Lamhokke vergemaklik bestuur en toesig gedurende lamtyd en probleemgevalle kan dadelik aandag kry wat lamoorlewing bevorder. Lamhokke bevorder ook akkurate rekordhouding, wat op sy beurt weer teelvordering versnel. Daar is geen nagevolge dat mens moedereienskappe op die ooi verloor, of dat slegte moeders kunsmatig goeie moeders gemaak word nie. Dit is makliker om ‘n swak moeder in die lamhok raak te sien en haar dadelik uit te skot as waar ‘n ooi in die veld sou lam.

Riglyne vir Lamhokstelsel:

Sinkroniseer ooie wat in die lamhokke moet lam, om tyd in die lamhok te verkort en voedingskoste en arbeid te bespaar.  Ooie kan kort voor lam nader aan die lamhokke gebring word, en sodra die eerste ooi lam, kan al die ooie in die lamhokke geplaas word.

Voordele van Lamhokke:

  • Bevorder binding tussen ooi en lam
  • Vergemaklik bestuur
  • Bevorder lamoorlewing tydens ongure weer asook meerlinge en jong ooie wat vir die eerste keer lam.
  • Dit verhoed dat ongediertes pasgebore lammers vang
  • Identifisering van ooie wat nie lammers wil laat drink nie – ooie word geprul
  • Identifisering van ooie met min of geen melk – ooie word geprul
  • Veelvoudige groepe ooie kan deur die jaar lam sodat geriewe optimaal benut word.

Nadele van Lamhokke:

  • Arbeidsintensief
  • Aanvanklike kapitaaluitleg kan hoog wees
  • Voerkostes kan hoog wees, maar verhoogde speenpersentasies maak op daarvoor
  • Indien in ‘n 8 maande stelsel met verskeie groepe ooie wat deur die jaar lam, kan die inentingsprogram ‘n uitdaging word.
 -
 -
© RCH Ile de France. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of RCH Ile de France.
The previous generation Rolex Submariner still used aluminum bezel inserts, and rolex replica in comparison to the more modern ceramic ones, they are almost barbaric. Flat and easy to rolex replica sale scratch aluminum bezel inserts should not be found in anything but inexpensive watches these days. Some people, of course, omega replica sale have a fondness for the older aluminum-style bezel (or even some of the plastic ones, from a really long time ago). Those people are clearly rolex replica sale turning a blind eye to the impressive design, precision cut markers, and scratch resistance properties of a ceramic bezel. Also, sorry folks, in 30 years the Cerachrom bezel isn't going to "patina." It will stay the same glossy rolex replica uk black color it is when you buy it. Inside the Rolex Submariner 114060 is the totally in-house made caliber 3130 hublot replica uk automatic. It is an utterly well-made, no nonsense workhorse of the highest caliber (no pun rolex replica sale intended) that just tells the time.