072 270 3461   info@rchiledefrance.co.za  
Ile de France Ras Eienskappe

Ile de France Ras Eienskappe

Bouvorm

Dis ‘n poenskop, witwol vleisskaap, sonder gekleurde vesel, met die volgende voortreflike bouvormeienskappe:

  • Diepte
  • Goeie breedte en lengte
  • Goed bespierd
  • Gebalanseerde liggaamsbou

Produksie-eienskappe:

Geboortemassa

Onder normale voedingtoestande is lammers klein met geboorte (ongeveer 4.5 – 5kg) en lamprobleme kom baie selde voor.  Die lewenskragtigheid van pasgebore lammers is opvallend (voeg hierby die uitstekende moedereienskappe van die Ile de France ooi en vrektes word tot die minimum beperk)

Groeisnelheid

Die Ile de France lam het die vermoë om geweldig vinnig gewig aansit. Daarom moet ook gelet word op die ooi se voeding die laaste 6 weke van dragtigheid, ooie se kondisie moet altyd goed wees gedurende dragtigheid. Op ses weke voor lam, word die lam gevoer en nie die ooi nie. Onder goeie voedings toestande word gewigte van tussen 19 en 23 kg op 42 dae en op 100 dae van tussen 34 – 41 kg maklik behaal. Vandaar die gewildheid van die Ile de France en Ile de France kruislam. Dit stel die slaglamprodusent in staat om op 100 dae lammers te bemark en sodoende kan meer ooie op dieselfde weiding aangehou word. In onafhanklike voerkraaltoetse is bevind dat die gemiddelde GDT 490g per dag is. Ile de France hou ook die wêreldrekord van 704g per dag.

Karkas Eienskappe

Resultate behaal in die Nasionale Slaglamkarkas kompetisie het onteenseglik die uitstaande karkaseienskappe van die Ile de France bewys, vandaar die wêreldrekord prys van R3000 per kg. Die Ile de France het ook ‘n bo-gemiddelde uitslagpersentasie.  RCH Ile de France Stoet se persoonlike beste uitslag persentasie op ‘n lam is 66,4% – A3 karkas, gekontroleer deur SAMIC by Royal Skou se slaglamkompetisie 2015. Vorige beste was 61.4% – A3 karkas. Met sulke uitslagpersentasies beteken dit meer geld in die boer se sak.

Kenmerkend is:

  • Afwesigheid van oormatige vet
  • Uitstaande spierkwaliteit
  • Groot persentasie goeie snitte

Vir meer inligting en nuwer foto's van RCH en SLAGLAMKOMPETISIES kan u na die hofie TOEKENNINGS gaan.

ONDER: RCH Ile de France Stoet, wengroep asook wenkarkas Standerton Skou 2013

 

ONDER: RCH Ile de France Stoet se wengroep slaglammers oor 40kg op die hoef – Royal Skou 2015


RCH Slaglammers


Geslagsrypheid

Goed uitgegroeide ooilammers kan reeds op vroeë ouderdom ‘n massa van 55kg bereik en is dan gereed vir paring. Hierdie vroeë geslagsrypheid maak dit moontlik om gouer te selekteer, ouer diere te vervang en onproduktiewe diere ‘n korter tyd in die kudde te hou.

Paring

Die Ile de France se vermoë om “buite-seisoen” te teel maak dit moontlik om elke 7-8 maande te laat lam wat in die praktyk 1,3 dragtigheid per ooi per jaar beteken.

Vrugbaarheid

Ooie beskik oor ‘n uitstekende meerling vermoë en lampersentasie van 150 tot 170% kom in kuddes voor. Waar die stelsel van drie lamseisoene in twee jaar toegepas word, is ‘n lampersentasie van 220% geen uitsondering nie. Vrugbaarheid van die ooi word eerder beïnvloed deur haar ouderdom as deur die lamseisoen. Ramme kan reeds vanaf 10 maande gebruik word as hulle voldoende uitgegroei het. Ile de France ramme is aktiewe werkers.

Melkvloei en Moedereienskappe

Ooie het besonder baie melk en maak twee- en drielinge met gemak groot. Kenmerkend is die uitstaande moedereienskappe van die Ile de France ooi.

Lewensduurte

Ooie produseer op ‘n ouderdom van 9-10 jaar nog uitstekend as hulle goeie voeding ontvang.  Sprekend is die geval van ‘n ooi van 11 jaar met ‘n produksie van 29 lammers.

Aanpasbaarheid

Ile de France skape is reeds in meer as 30 lande regoor die wêreld gevestig. Die ras is bekend vir sy uitstekende prestasies onder ekstensiewe, semi-intensiewe en intensiewe toestande.

Woleienskappe

Die Ile de France produseer ‘n wit wol sonder gekleurde vesel en is redelik sterk. Twaalf maande vagte van ooie weeg 3 – 4,5kg en die van ramme 5 – 6kg met ‘n stapellengte van tussen 80 en 90 mm. Eerste kruise met Merino-ooie lewer ‘n uitstekende medium wol.

Kruisings

Ile de France is die Rolls-Royce vir kruisteling. Die Ile de France besit ‘n sterk erfdwang en die ramme dra hul uitstaande bouvorm, spierontwikkeling en vinnige groei baie sterk oor op hul nageslag. Hierdie eienskappe maak die Ile de France ram baie gewild vir die produksie van slaglammers en lewer ‘n groot bydrae tot kwaliteit vleis – iets waarop die verbruiker meer en meer aandring. Ile de France kruisooie is geweldig sterk in aanvraag omrede hulle hoe vrugbaarheid, goeie melkproduksie en uitstaande moedereienskappe besit.

© RCH Ile de France. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of RCH Ile de France.
The previous generation Rolex Submariner still used aluminum bezel inserts, and rolex replica in comparison to the more modern ceramic ones, they are almost barbaric. Flat and easy to rolex replica sale scratch aluminum bezel inserts should not be found in anything but inexpensive watches these days. Some people, of course, omega replica sale have a fondness for the older aluminum-style bezel (or even some of the plastic ones, from a really long time ago). Those people are clearly rolex replica sale turning a blind eye to the impressive design, precision cut markers, and scratch resistance properties of a ceramic bezel. Also, sorry folks, in 30 years the Cerachrom bezel isn't going to "patina." It will stay the same glossy rolex replica uk black color it is when you buy it. Inside the Rolex Submariner 114060 is the totally in-house made caliber 3130 hublot replica uk automatic. It is an utterly well-made, no nonsense workhorse of the highest caliber (no pun rolex replica sale intended) that just tells the time.