Op die plaas Uitgezocht buite Ermelo, is waar Regina Harmse saam met haar eggenoot en grootste ondersteuner Wilco, met stoet asook kommersiële Ile de France skape boer.
In 1995 verloor Regina haar hart op die Ile de France ras toe sy ‘n vriend en teler se stoet ramme leen vir ‘n kruisteling eksperiment van Ile de France ramme op Merino ooie. Dit was hier wat sy besef het dat daar nie ‘n beter vleisras as die Ile de France ras is nie.
In 2006 word die eerste suiwer Ile de France ooie aangekoop en word RCH Ile de France Stoet geregistreer. RCH Ile de France Stoet is tans een van die grootste Ile de France stoeterye in Suid-Afrika…
Die fokus val op die teel van meerderwaardige diere vir eie gebruik asook die beskikbaarstelling van genetiese materiaal aan mede stoettelers en die kommersiële boer.
TELING
◾Daar word gepoog om diere te teel wat aan die hoogste rasstandaarde voldoen
◾Manlike diere met uitstaande bespiering
◾Vroulike diere met goeie moedereienskappe
◾Vrugbaarheid
◾Melkproduksie
◾Aangepaste diere in eie produksie toestande
Vrugbaarheid, goeie moedereienskappe, uitstaande groei, goeie vleiseienskappe en goeie karkasse is iets waarna alle skaapboere streef, daarom is die Ile de France, die regte ras om mee te boer.
Wilco Harmse
Regina Harmse