072 270 3461   info@rchiledefrance.co.za  
Ile de France Geskiedenis

Ile de France Geskiedenis


Die Geskiedenis van die Ile de France  Historiese agtergrond wat aanleiding gegee het tot die ontwikkeling van ‘n nuwe ras

Die geskiedenis van die skaapras is baie nou gekoppel aan die geskiedenis van skaapboerdery in Frankryk. Skaaprasse uit Spanje en Engeland het ook ‘n belangrike rol gespeel. ‘n Bekende diereteler in Engeland – Robert Bakewell – het goeie werk gedoen op die gebied van prestasie en nageslag toetsing. Dishley Leicester ramme was in groot aanvraag binne en buite Engeland. Op 12 Oktober 1786 het 318 Spaanse Merino ooie en 41 ramme as geskenk aan Villa Castin aan Koning Louis XVI in Frankryk aangekom. Hierdie kudde bestaan vandag nog en staan bekend as Rambouillet Merino. Hierdie skape het n belangrike rol gespeel in die wolbedryf van Frankryk tydens die regerings van Koning Louis en Napoleon I. Na die ineenstorting van wolpryse aan die begin van die 19de eeu het telers meer in die rigting van vleiseienskappe begin selekteer.

Rolspelers in die ontwikkeling van die ras

Met die doel om die vroegryp van die Dishley en die woleienskappe van die Rambouillet te kombineer, het prof. Auguste Yvard van die Nasionale Veeartseny Kollege, Maisons-Alford begin met kruisings tussen Dishley ramme en Rambouillet ooie. Hierdie kruising was besonder suksesvol en is verder verbeter met die byvoeging van die fynwol Mauchamp Merino. Franse boere kon in 1840 ramme van hierdie kruisings begin gebruik.

Aanvanklik staan die ras bekend as die Alford en met die verskuiwing van die kernkudde in 1879 na die Grignon Landbou Kollege, verander die naam na Grignon. Die ras het vinnig versprei na die Ile de France gebied. Dishley-kruisings word in 1875 vir die eerste keer tot die Paryse Landbouskou toegelaat. Terugkruisings na die oorspronklike rasse word in 1900 gestaak en teling met die kruisings word voortgesit. Gedurende 1920 word die Cotentin op beperkte skaal bygevoeg. In 1922 word die rasnaam: Ile de France aanvaar en geen verdere byvoegings word gedoen nie. Prestasietoetsings onder leiding van prof. AM Leroy, die sekretaris van die genootskap begin in 1933. Dit was ‘n besondere stap as in ag geneem word dat prestasietoetsing in ander skaaprasse in Frankryk eers in 1959 begin het.

Telers besluit in 1960 om meer te konsentreer op reproduksie-eienskappe – daarom was nageslagtoetsing noodsaaklik. Die genootskap besluit op 11 Desember 1968 dat prestasietoetsing verpligtend is. Die bekende Ile de France Navorsingstasie te Verdilly kom in 1972 tot stand. Nageslagtoetsing word hier gedoen.

Ontwikkeling van die ras in SA

Ile de France-skape afkomstig van ‘n beroemde teler – Delacour van Gouzangrez – het as geskenk van Madame Arnaud Ginshard aan die “Boere mense van SA” op 23 Maart 1903 in Tafelberg aangekom. Dit is egter onbekend wat van hierdie skape geword het. Die depresiasie in wolpryse gedurende die laat twintiger jare in Engeland het daartoe gelei dat die Departement van Landbou in samewerking met die Vleisraad navorsingsprogramme ondersteun het waarin Merino-ooie gekruis is met Britse vleisrasse, met die doel om slaglammers te produseer sodat dit ‘n finansiele voordeel vir wolproduseerders kon wees. Die resultate van die navorsing was teleurstellend aangesien daar nie aanvaarbare slaglammers geproduseer kon word nie. Die rede hiervoor was dat die Merino ontbreek het aan die essensiele skaapvleiseienskappe. Gedurende 1931-1937 is kruistelingsprogramme gevolg met die vleisrasse: Ryeland, Romney Marsh, Dorset Horn en Border Leicester. Die belangrikste bydrae van hierdie navorsing was die bewys dat melkproduksie van ooie die bepalende faktor vir groei tempo en karkaskwaliteit was in die produksie van slaglammers. Hierdie kruisteelprogramme het aanleiding gegee tot die ontwikkeling van rasse soos die Dorper, Dormer, Dohne, ens. Hierdie navorsing was soortgelyk aan die navorsing in Frankryk aan die begin van die negentiende eeu.

Rolspelers in die vestiging van die ras in SA

Frasers Bpk – eienaars van die plaas “Aanvang” in die Wepener distrik – het na die uitbreek van die Tweede Wereldoorlog ‘n aantal Ile de France ramme ingevoer. As gevolg van die verbod op invoere weens die oorlog is die invoere via die destydse Basutuland gedoen. Hierdie ramme is gekruis met Merino-ooie.

Tydens ‘n besoek in 1939 deur dr FN Bonsma, prof. HB Davel en dr M Oosthuizen aan die plaas “Aanvang” in die Wepener distrik is daar afgekom op Merino X Ile de France kruisings. Prof. Bonsma was baie beindruk met hierdie kruisings en met die toestemming van die Besturende Direkteur is 33 ooie deur die plaasbestuurder – mnr Watson – geskenk aan die Navorsingsinstituut in Pretoria. Hierdie kruisings het goed presteer ten opsigte van die volgende eienskappe: teelseisoen duur, lampersentasie, melkproduksie, oorlewingsvermoe en aanpasbaarheid by ongunstige toestande. As gevolg van die oorlog was verdere invoere nie moontlik nie. Ongeveer 30 jaar later het dr. JH Hofmeyr – Direkteur van die Navorsingsinstituut vir Vee- en Suiwelkunde – die Ile de France weer in verskeie skaap kruisingsprogramme ingesluit. Uit hierdie navorsing is afgelei dat die Ile de France ‘n wesenlike bydraekan maak tot die produsie van slaglammers. Die bruikbaarheid van die ras as vaderlyn vir oordeelkundige kruisings met ooie van ander rasse was van die vernaamste kenmerke vir grootskaalse produksie van slaglammers. Ander telers kon ook nou van die nageslag van hierdie kruisings aankoop.

Gedurende 1972-1973 is daar privaat invoere gedoen en is gevolg deur verdere invoere wat Nasionale kampioene uit Frankryk ingesluit het. Vanaf 1974 het Ile de France telers as direkte lede by die Suid-Afrikaanse Stamboekvereniging aangesluit en hul skape begin registreer. In 1975 is die Ile de France telersklub gestig met mnr JD Weir as eerste voorsitter. Die Ile de France telersgenootskap is in 1980 gestig met mnr Weir as die eerste President. Gedurende hierdie tyd het die genootskap ‘n telers getal van 45 gehad met 1464 geregistreerde diere. Die ras het baie vinnig gegroei totdat daar meer as 400 telers met 12 000 diere was. Daar was intussen ook laagtepunte, maar die ras groei vandag weer teen ‘n astronomiese tempo.

Basisrasse waaruit die Ile de France skaapras geteel is:

Rambouillet

Oorsprong: Hierdie skaapras is oorspronklik geteel van Spaanse Merinos op die plaas Rambouillet in Frankryk – naby Parys

Kenmerke: Die skaap het ‘n fyn, sagte wol en is van die belangrikste skaaprasse in die wolindustrie. Hierdie skape is groot en spierkragtig en is bedek met wol oor die liggaam.

Dishley Leicester

Oorsprong: Afkomstig van Dishley in Engeland

Kenmerke: Was ‘n baie populêre vaderras in kruisteling, goeie kruisteling, Vermoë om op vroeë ouderdom vinnig gewig aan te sit en gehard t.o.v ekstreme klimaatsomstandighede

Mauchamp (vandag bekend as die Merino Précoce)

Oorsprong: Frankryk

Kenmerke: Syagtige wol wat baie gewild was, maar dit moes plek maak vir fyner tipes wol.

Cotentin

Oorsprong: Frankryk

Kenmerke: Die ras is besonder gehard en het ‘n vinnige groeisnelheid.

.

Rambouillet -

Rambouillet

Dishley Leicester -

Dishley Leicester

Mauchamp -

Mauchamp

Cotentin -

Cotentin

© RCH Ile de France. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of RCH Ile de France.
The previous generation Rolex Submariner still used aluminum bezel inserts, and rolex replica in comparison to the more modern ceramic ones, they are almost barbaric. Flat and easy to rolex replica sale scratch aluminum bezel inserts should not be found in anything but inexpensive watches these days. Some people, of course, omega replica sale have a fondness for the older aluminum-style bezel (or even some of the plastic ones, from a really long time ago). Those people are clearly rolex replica sale turning a blind eye to the impressive design, precision cut markers, and scratch resistance properties of a ceramic bezel. Also, sorry folks, in 30 years the Cerachrom bezel isn't going to "patina." It will stay the same glossy rolex replica uk black color it is when you buy it. Inside the Rolex Submariner 114060 is the totally in-house made caliber 3130 hublot replica uk automatic. It is an utterly well-made, no nonsense workhorse of the highest caliber (no pun rolex replica sale intended) that just tells the time.